Wat is Spraakterapie
Spraakterapeute help om spraak, taal, kommunikasie en sluk probleme in kinders en volwassenes te voorkom, evalueer, diagnoseer en te behandel.
Areas van behandeling:
Kinders
Spraak Afwykings
-
Artikulasie probleme - (verkeerde of onduidelike uitspraak van klanke)
-
Apraksie - (afwyking in die beplanning en koördinering van bewegings wat nodig is om klanke te maak)
-
Vlotheid - (hakkel en "cluttering")
-
Disartrie - (onduidelike spraakproduksie as gevolg van beperkte beweging van die spraakspiere)
-
Stem afwykings - ('n afwyking in hoe die stem klink, bv. heesheid)
Afwykings in Taal
-
Reseptiewe taal - ('n agterstand/ afwykende begrip van taal)
-
Ekspressiewe taal - ('n agterstand/ afwykende gebruik van taal)
-
Pragmatiek - ('n agterstand/ afwyking in hoe taal gebruik of oorgedra word)
-
Geletterdheid - ('n agterstand/ afwyking in boekbegrip, spel en lees vaardighede)
-
Prelinguistiese kommunikasie - ('n agterstand/ afwyking in taal voorlopers bv. gedeelde aandag)
Afwyking in Kognisie
-
Afwykende geheue, aandag, opeenvolging, probleem oplossing en uitvoerende funksies
Voeding en Sluk Probleme
-
Orale fase - (probleme met suig, kou en/of sluk)
-
Ongewone eetpatrone - (voedsel selektiwiteit of weiering en negatiewe respons tot kos)
Volwassenes
Spraak Afwykings
-
Apraksie - (afwyking in die beplanning en koördinering van bewegings wat nodig is om klanke te maak)
-
Vlotheid - (hakkel en "cluttering")
-
Disartrie - (onduidelike spraakproduksie as gevolg van beperkte beweging van die spraakspiere)
-
Stem afwykings - ('n afwyking in hoe die stem klink, bv. heesheid)
Afwykings in Taal
-
Afasie - (kommunikasie afwyking na aanloop van skade in dele van die brein - gewoonlik as gevolg van 'n beroerte)
Afwyking in Kognisie
-
Afwykende geheue, aandag, opeenvolging, probleem oplossing en uitvoerende funksies
Voeding en Sluk Probleme
-
Orale fase - (probleme met suig, sluk en die beweging van kos/vloeistof deur die mond)
-
Faringeale fase - (enige probleme vandat kos/vloeistof gesluk word, totdat dit verby die lugpyp is, bv. aspirasie)
- ASHA